Op soek na Oom Deon se waterval
Ons het die afgelope langneweek saam met familie en vriende op die plaas Nuwerust in die Sederberge gekampeer. Vir my was een van die hoogtepunte die Watervalstaproete wat ek en my pa laat Sondagmiddag aangepak het. Nadat hy ‘n foto van die waterval in die plaas se ontvangskantoortjie gewaar het was my pa vasberade om die plek te besoek. Die foto het hom onmiddelik aan ‘n skets herinner wat sy Oom Deon Krige die argitek (my Oupa Marius se broer) in 1978 geteken het. My pa (Fanie) het onlangs weer die skets by sy suster (my Tannie Adele) se huis in Heidelberg raakgeloop, so dit was nog vars in sy geheue.
Wat die moontlikheid betref dat dit dalk dieselfde waterval kon wees is dit bekend dat Oom Deon ‘n voorliefde vir die Sederberge gehad het. Soveelso dat hy en sy vrou Alvin in 1954 hul wittebrood op ‘n staproete naby Algerië deurgebring het – nie te vêr van Nuwerust af nie. In sy Outobiografie Fragments of Memories vertel Oom Deon hoe hy en Alvin met hul rugsakke en toerusting die Nieuwoudtspas na Algerië op ‘n 125cc Lambretta afgery het. Hy moes blykbaar kortkort langs die bromponie draf om seker te maak dat hulle nie by die afgronde afstort nie.
Was dit toe dieselfde plek? Ongelukkig nie! Oom Deon het vandag laat weet dat sy skets die “Elandspad Rivierkloofwaterval” in die Du Toitskloofberge naby die Hugenotetonnel uitbeeld. Hier is ‘n vergelyking van die skets en die plek wat ons op die staproete gevind het. As gevolg van die droogte wat die Weskaap al maande lank knel was daar nie ‘n druppel water in sig nie, maar dit het ons darem vooraf geweet. Is die ooreenstemming van die laatmiddagsonlig op die Suidelike rotshange nie nogal merkwaardig nie?
Hier is nog ‘n paar tonele wat ons net voor sononder in die rivierlopie suid van Nuwerust kampterrein op soek na die waterval teëgekom het:
Twee bonusfoto’s – die Sederberg sandsteen bouvernuf van ouds en ‘n goedgekamoefleerde klipspringer:
‘n Kosbare vertelling met towerbeelde – van ‘n pa/seun se Sondagmiddag-staptog in die Sederberge. Excellent ‘showing’ AND ‘telling’!
Lovely Im!! Deeply enjoyed your journey into past joys….such incredible photos….
Dankie vir die deel van ‘n pragtige uitstappie met foto’s, feite en goeie kommentaar … en dan natuurlik jou Pa se absolute optimisme en sameflansing van moontlikhede om die avontuur so lekker moontlik te kan maak! Daai een loop dik in die Kriges se gene… so wees op jou pasoppens!
NB. Het Maandag oor die foon gewonder oor iets wat ek erens gelees het… Is die Sederberge se naam regtig verleen aan die voorkoms van Sederbome daar?
Where the trees come in with the naming – according to Wikipedia: “The Cederberg mountains (Afrikaans: Sederberg) and nature reserve are located near Clanwilliam, approximately 300 km north of Cape Town, South Africa at about 32°30′S 19°0′E. The mountain range is named after the endangered Clanwilliam cedar (Widdringtonia cedarbergensis), which is a tree endemic to the area. The mountains are noted for dramatic rock formations and San rock art. The Cederberg Wilderness Area is administered by CapeNature.
“Cederberg is now the generally accepted spelling for the area, which combines the English (Cedarberg) and Afrikaans (Sederberg) variants.”